SEBENZA CREEK

Rustigheid in 'n Kampterrein

Sebenza Creek Ekoboskamp is die droom van ywerige kampeerders en reisigers.

Die doel van ons Ekoboskamp sal rustige ontspanning in die natuur wees, weg van die stadsgeluide en geraas. Om 'n geleentheid te gee vir gesinne om saam hul batterye te herlaai, terwyl hulle die natuur eerstehands geniet.

Langverblyfkampeerders kan vir tot 3 maande op 'n keer die stilte geniet, net versteur deur die groot verskeidenheid voëls wat die nabygeleë bome besoek.

Moderne geriewe soos ablusies en elektrisiteitspunte is beskikbaar, en daar is oorgenoeg spasie tussen kampplekke. Harde musiek word nie toegelaat nie.

Die idee is om kampeerders nader aan die natuur en die rustige skoonheid van ons Ekoboskamp te bring, 'n skuilplek in die natuur vir diegene wat uit die gewoel van stadslewe wil ontsnap. Kampeerders word aangemoedig om te ontspan met die geluide van die natuur, die bosroetes te stap, voëls te kyk of die klein koppies in die omliggende area uit te klim.

Bepalings en voorwaardes geld.
WINTER PROMOSIE

WEEK, NAWEEK & SKOOLVAKANSIE:
R300 per nag, per staanplek (6 persone per staanplek)

PENSIONARIS MIDWEEK: (Sondag in; Vrydag uit)
R650 per staanplek (6 persone per staanplek)*

* Bespreek 5 staanplekke of meer en kry 10% afslag per staanplek

MAANDTARIEF:
R2500 per staanplek (1 tot 2 persone)

Beskikbaar vanaf 1 Mei 2023 tot 31 Augustus 2023

Skakel ons nou om jou plek te bespreek om teleurstelling te voorkom.

Pryse image
Moderne geriewe soos ablusies en elektrisiteitspunte is beskikbaar met genoeg spasie tussen kampplekke.

WEEK TARIEF : R350 PER STAANPLEK P/NAG (MAKSIMUM 6 PERSONE TOEGELAAT)
NAWEEK & VAKANSIE TARIEF : R400 PER STAANPLEK P/NAG (MAKSIMUM 6 PERSONE TOEGELAAT)
WEEK TARIEF (PENSIONARISSE) : R300 PER STAANPLEK P/NAG
PENSIONARIS MIDWEEK (Sondag in, Vrydag uit) : R750 PER STAANPLEK 
LANGSTAAN TARIEF: R2 500.00 PER STAANPLEK P/MAAND (MAKS 2 PERSONE & 1 VOERTUIG TOEGELAAT)
BYKOMENDE PERSONE R50 PER PERSOON P/NAG.

  • Al die terreine het kragpunte en benodig 'n 'male' karavaanprop vir gebruik.
  • Staanpleknommers word nie vooraf toegeken nie. 
  • Kampeertariewe word per staanplek en per nag bereken.
  • Maksimum 6 persone per staanplek.
  • Slegs een voertuig per terrein ingesluit by tarief. Ekstra voertuie word toegelaat teen 'n addisionele koste.
  • Alle pryse sluit BTW in
  • Elke staanplek het sy eie braaiplek.
  • Gemeenskaplike Braai-area
  • Dierevoerplek
  • Kinderspeelarea (Fase 2)
  • Restaurant & Kroeg (Fase 2)
  • Winkel (Fase 2)
  • Stap- & fietsryroetes
  • Swembad




boskampgeriewe image
  • 9C7J+MJFH Modimolle, South Africa
  • C10, Driefontein, Modimolle

24°38'08.7"S 28°25'54.9"E of -24.635751, 28.431921